Mei 2025 Langarm Dans Mosselbaai

Mei 2025 Langarm Dans met Rachus Muller Mosselbaai

Rachus Muller Langarm Dans Mei 2025 Mosselbaai

Kry solank jou dagboek nader, plak ‘n nota teen jou yskas en koop jou kaartjie vir die volgende langarm dans by Blasters Mosselbaai. Op Vrydag 9 Mei 2025 gaan die dansvloer weer aan die brand gedans word hier in Mosselbaai. Of jy nou ’n langarm-dansliefhebber is of eerder wil sokkie, kom geniet die aand saam met ons. Rachus Muller, die bekende musikant, sal sorg vir musiek wat jong en oud se voet sal laat jeuk om te dans. Bespreek jou kaartjies vroegtydig op ons webblad en betaal slegs R50 per persoon. Alle kaartjies wat deur ons ontvangs bespreek word beloop R80 per persoon. Kom geniet die aand. Onthou vir ouers met kinders, ons speelarea sal oop wees.
  • Wanneer: Vrydag 9 Mei 2025 | 19h00
  • Koste: Slegs R50 per persoon, indien jy aanlyn bespreek op www.blastersmosselbay.co.za
  • R80 per persoon indien jy nie aanlyn wil bespreek nie
  • Smullekker kos & kontant kroeg beskikbaar
Visit the Garden Route Business Directory for information on more businesses in the Garden Route as well as in the Klein Karoo. The post Mei 2025 Langarm Dans Mosselbaai first appeared on Lalakoi Publishing Network.

Lalakoi Online Publications

0 Comments