Wings Fitness Studio gaan groot en vier hul 3de bestaansjaar

Wings Fitness Studio gaan groot en vier hul 3de bestaansjaar

Wings-Fitness-Nuwe-Generasie-Spinfietse

 

 

 

 

 

 

 

Mosselbaaiers het hierdie winter geen verskoning om nie te oefen en ‘n goeie leefstyl te handhaaf nie, want Wings Fitness Studio, ‘n plaaslike fiksheidsentrum, maak dit nou net nog makliker! Wings Fitness Studio is voortdurend aan die opskerp van hul tegnologie en oefenprogramme, en vier hul 3de bestaansjaar behoorlik. Die span van Wings Fitness is trots om hul nuwe Tomahawk IC7 spinfietse aan die publiek bekend te stel.

Spinning Klasse in Mosselbaai

Wings Fitness Studio gaan groot en vier hul 3de bestaansjaar

Hul spog met 14 nuwe generasie intelligente spinfietse met nuwe tegnologie om beter resultate te waarborg. Die spinning klasse van Wings Fitness Studio is besonders gewild en met hierdie nuwe toevoeging sal oefen hierdie winter net meer aanlokliker wees!

HIIT Groepklasse in Mosselbaai

Wings Fitness bied ook hul baie gewilde HIIT (High Intensity Interval Training) groepklasse aan. Hul akkommodeer tussen 12 en 14 deelnemers per klas om persoonlike aandag te verseker. Die HIIT-klasse vind plaas op Dinsdae- en Donderdaemiddae. Hierdie klasse is uitstekend vir mense van alle fiksheidsvlakke en ouderdomsgroepe. Dit is veral gewild onder deelnemers wat gewig wil verloor.

Van die ander klasse wat by Wings Fitness aangebied word sluit in pilates-klasse, ‘circuit training’, ‘personal training’ en gewigsverliesprogramme.

As deel van Wings Fitness Studio se verjaarsdagvieringe bied hul Mei-maand 20% afslag op nuwe 6 of 12 maand kontrakte.

Kontak Wings Fitness Studio in Voorbaai Mosselbaai vir meer inligting.

 

Wings Fitness Studio gaan groot en vier hul 3de bestaansjaar