Suid Kaap Vir Jesus byeenkoms in Hartenbos 2016

Suid Kaap Vir Jesus byeenkoms in Hartenbos 2016

Christelike Fees in Hartenbos

Suid Kaap Vir Jesus byeenkoms in Hartenbos 2016

Suid Kaap vir Jesus vind weer plaas die naweek van 12 en 13 November 2016 op die AKTV Amfiteater in Hartenbos. Kom beleef ‘n fantastiese naweek saam met ander gelowiges in God se teenwoordigheid.

Retief Burger, ‘n bekende Gospel sanger en pastoor, Afrika Mhlophe ‘n pastoor by die ‘Good News Community Church in Port Elizabeth, asook Johnny Louw ‘n motiveringsspreker sal die naweek meemaak en die fees lei.

Ons weet God het groot planne vir 2016!! Dit sluit jou in! Moenie agterna sê ek wens ek was daar nie!!! Kom asseblief en sien wat God vir JOU wil en kan doen. Hy het jou so lief dat Hy sy Enigste Seun gegee het vir jou!!! Jesus het jou sonde namens jou aan die kruis gedra!!!

Hekke open om 16:00 Saterdagmiddag en om 8:00 Sondagoggend. Daar is kos en koeldrank stalletjies op die terrein.

As enige iemand gelei voel om finansieël by te dra tot die uitgawes, kan die volgende rekening gebruik word. Rekening Naam: Suid-Kaap vir Jesus, Rekening Nommer: 623 261 270 91 FNB Mosselbaai, Takkode 210314.

Besoek gerus ons webblad vir meer inligting

Suid Kaap Vir Jesus byeenkoms in Hartenbos 2016