Wenke vir ‘n Pragtige Somertuin van ‘n Gewilde Kwekery in George
Somertuin Wenke van die Kwekery, Bargain Nursery, in George
Die lente is om die draai en dit nou tyd om jou tuin reg te kry en voor te berei vir jou somertuin. Die kwekery in George, Bargain Nursery, is bekend vir hul kwaliteit plante teen bekostigebare pryse. Hier kan jy van bemesting tot potte en ornamante, plantvoedsel en alles wat jy in jou tuin kan nodig kry aanskaf. Die bestuur en personeel by die Kwekery in George het baie goeie kennis van plante en staan gereed met puik tuinmaak wenke.
Hier is n paar wenke van die Bargain Nursery om ‘n pragtige somertuin te verseker.
- Verryk tuingrond met kompos
- Snoei bladwisselende vrugtebome, Bloubessies, wingerd, bontblaarplante, edel en floribundarose
- Maak Bamboes en Nandinas netjies
- Snoei Konifere liggies
- Verdeel plante soos Agapanthus
- Dit is nou ook die tyd om onkruid uit te roei
- Maak grasperke netjies: hark die grond los, saai gras op oop kolle
- Plant nou lenteblommende jaarplante soos gesiggies, viooltjies, cennerarias en gousblomme
- Fokus ook nog steeds op droogtebestande plante soos Agapanthus, Convolvulus, Plecthranthus, Armeria, Vetplante en Aalwyne
Vir alle somertuin benodighede en advies besoek gerus Bargain Nursery.
0 Comments