Hartenbos Potjiekos Kompetisie

Hartenbos Potjiekos Kompetisie

Hartenbos Potjiekos Kompetisie

Op Saterdag 4 Maart 2017 bied @19 Hole Driving Range en Pub ‘n potjiekos kompetisie aan. Die dag beloof om vol pret te wees vir die hele gesin met ‘n verskeidenheid van pryse op die spel vir die potjiekos spanne, ‘n springkasteel, ‘dollar bucket’ kompetisie, veerpyltjie kompetisie en talle pryse vir die beste pot, beste opgemaakte stalletjie, beste bydis (voorgereg, brood of nagereg) asook beste gees.

  • Aansoekvorms is beskikbaar by @ 19 Hole Driving Range en Pub.
  • Inskrywingsfooi is R160 per span van 2.
  • Potjiekos kompetisie duur van 11:00 tot 16:00

Die dag gaan ook gepaard met insameling van donasies vir die DBV. Donasies van hondekos, katkos, komberse en ander troeteldierebenodighede is welkom. Geen kontant donasies sal aanvaar word nie.

Vir meer inligting en kontakbesonderhede

Hartenbos Potjiekos Kompetisie