Die Sneeukoningin binnekort op DVD beskikbaar in Hartenbos

Die Sneeukoningin binnekort op DVD beskikbaar in Hartenbos

Die Sneeukoningin binnekort op DVD beskikbaar in Hartenbos

Die nuwe Afrikaanse animasie film, Die Sneeukoningin sal binnekort beskikbaar wees op DVD by Just Movies Hartenbos. Die Sneeukoningin is gebaseer op die klassieke feëverhaal wat sekert 1845 reeds bekend is. Hierdie DVD word in Maart 2016 vrygestel. Wees op die uitkyk vir hierdie nuwe animasie film.

Wat om te verwag van Die Sneeukoningin:

Die storie handel oor ‘n dogtertjie en seuntjie, Gerda en haar boetie Kai, wat die stryd aansê tussen goed en kwaad. Die wrede Sneeukoningin het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig. ‘n Towerspieël het egter voorspel dat die meester glasmaker Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig. Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie Gerda en babaseuntjie Kai weg te steek. Kort daarna ontdek een van die Sneeukoningin se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is. Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel van Luta, haar troetelfret en Orm, die trol. Gerda kom voor ’n hele paar moeilike struikelblokke te staan en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Kontak gerus vir Just Movies Hartenbos vir meer inligting en om die DVD te bespreek.

Die Sneeukoningin binnekort op DVD beskikbaar in Hartenbos