Riviera Hotel in Hartenbos – Die Plek om te Kuier
Feb 21st, 2012 | By Lalakoi | Category: Hartenbos Directory, Hartenbos News, Hartenbos Pubs and Clubs, Hartenbos Restaurants, Hartenbos Things To DoRiviera Hotel in Hartenbos – Die Plek om te Kuier
Riviera Hotel in Hartenbos
Daar is groot dinge aan die gebeur by die Riviera Hotel in Hartenbos. Die Hotel is onder nuwe bestuur en hul nooi die gemeenskap van Hartenbos, Mosselbaai en sommer almal hartlik uit om saam te kom kuier langs die Hartenbos Rivier.
Kroeg in Hartenbos
Die Riviera Hotel beskik oor ‘n pragtige kroeg area wat uitloop na die swembad langs die Hartenbos Rivier. Die Hotel nooi die publiek hartlik uit om ‘n draai te maak na werk en bied vele spesiale aanbiedinge aan soos ‘n Bains Whiskey vir slegs R12-00 per enkel. Ons drank pryse is regtig bekostigbaar.
Kroegetes reg Deur die Dag by Riviera Hotel in Hartenbos
Met ons baie gewilde versnapperings mandjies kan jy net die honger kol stuit of vir n bekostigbare prys aandete maak vry spring. Ons mandjies verkoop teen R50.00 en word bedien met skyfies of slaai. Die volgende mandjies is beskikbaar: calamari, hoender, kreef stokkies, bees vleis repies, en ook ‘n mandjie met steurgarnale.

Kom kuier langs die swembad van die Riviera Hotel en geniet ‘n drankie of iets te ete van ons spyskaart of besoek die bekende Driftwood Restaurant met ons A la Carte Spyskaart.



